Postkoloniale teologie en die sending: Uitdagings en bedreigings

Post-colonial theology and mission: Challenges and threats

  • Editorial Office
  • Pieter Verster Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Kolonialisme, Magsoorheersing, Eurosentrisme, Afrika, Jesus Christus, Reformatoriese benadering

Abstract

Die heersende debat oor die postkoloniale teologie is vir die sending van groot belang. Die groot sendingprojek van die negentiende en twintigste eeue het dikwels ten nouste met kolonialisme, wat tans sterk gekritiseer word, saamgeloop. Alle vorme van magsoorheersing moet volgens verskeie denkers dus afgewys word. Die teologie sluit hierby aan deur aan te toon dat vorme van oorheersing en mag wat in die teologie voorkom, ook afgewys moet word. Eurosentrisme was essensieel deel van kolonialisme en daarmee is die eie stem van die kultuur van byvoorbeeld Afrika misken, word gereken. Die bydrae van Afrika-kognisie en -denke is veral misken. Postkoloniale teologie beteken dat die globale juis te vinde is in die ooreenkomste wat gevind word tussen Jesus Christus en byvoorbeeld die oortuigings van die Afrika Tradisionele Godsdienste. ’n Reformatoriese benadering sal egter krities wees teenoor die postkoloniale teologie en juis ’n teologie van die respek van God beklemtoon, en ook mense oproep tot bekering en die erkenning van Jesus as enigste Here. Daar kan geen twyfel bestaan dat die sending op die voorpunt moet wees om diskriminasie, uitbuiting en miskenning teen te gaan nie, maar dan ook om te bely dat Jesus waarlik EEN met God is.

Author Biography

Pieter Verster, Universiteit van die Vrystaat

Sendingwetenskap
Departement Praktiese en Missionale Teologie
Universiteit van die Vrystaat

Published
2018-06-09
Section
Navorsings- en Oorsigartikels