Idiomatiese Afrikaans en skryfwyses

  • J D McLachlan

Abstract

Baie jare gelede het prof. SPE Boshoff die unieke aard, die unieke “klank”, die idioom van verskillende tale geïllustreer deur dit te vergelyk met verskillende radio-omroepers se stemme: Sonder dat ’n mens die omroeper kan sien en sonder dat die omroeper se naam genoem word, kan jy meestal die omroeper identifiseer bloot op grond van hoe sy of haar stem klink. Dit geld dikwels ook sangers of akteurs wat bloot op grond van die unieke kwaliteit van hulle stemme geëien kan word.

Published
2021-06-18
Section
Taalrubriek