’n Diachroniese benadering tot die ontwikkeling van die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands: ’n Korpusondersoek

A diachronic approach to the development of the progressive periphrastic constructions in Afrikaans and Dutch: A corpus study

Keywords: korpuslinguistiek, progressiewe perifrastiese konstruksies, Afrikaans, Nederlands, diachroniese benadering, diachroniese korpora, grammatikalisering, imperfektiewe aspek, Tracing History Trust-korpus, Historiese korpus van Standaardafrikaans

Abstract

Die progressiewe perifrastiese konstruksies in Afrikaans en Nederlands is ’n tema wat heelwat aandag in resente taalkundeliteratuur geniet het. ’n Verskeidenheid sinchroniese studies het die drie ewekniekonstruksies van Afrikaans en Nederlands, naamlik die PREP-, besig-, en CPV-konstruksies al afsonderlik en vergelykend bestudeer, waaronder die vernaamste vergelykende studie dié van Breed, Brisard en Verhoeven (2017). Vanuit die literatuur is dit duidelik dat, alhoewel hierdie drie progressiewe perifrastiese konstruksies vormlike ewekniekonstruksies is, daar bepaalde verskille in die gebruike van hierdie konstruksies tussen Afrikaans en Nederlands voorkom.

Hierdie artikel poog om die leemte in die huidige literatuur te vul, deur middel van ’n diachroniese studie wat gebruik maak van die Tracing History Trust-korpus (2011) en die Historiese korpus van Standaardafrikaans (2016). Die doel is om vas te stel óf en tot watter máte die verskille wat tans tussen die progressiewe konstruksies van Afrikaans en Nederlands bestaan, sigbaar was tydens die 17de, 18de en 20ste eeu.

Author Biographies

Roné Wierenga, Noordwes-Universiteit

Virtuele Instituut vir Afrikaans en Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Adri Breed, Noordwes-Universiteit

Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-06-18
Section
Navorsings- en Oorsigartikels