Die verband tussen ouerskapspraktyke en die aggressiewe gedrag van leerlinge met matige intellektuele disfunksie

The link between parental practices and the aggressive behaviour of learners with moderate intellectual dysfunction

  • Phelia Cockrell Universiteit van Pretoria
  • Melanie Moen Universiteit van Pretoria
Keywords: matige intellektuele disfunksie, aggressie, ouerskapspraktyke, onbetrokke ouers, binding, verlies, verwerping, gebrekkige kommunikasie, emosionele verwaarlosing, skeiding, gesinsverbrokkeling

Abstract

Leerlinge met matige intellektuele disfunksie (MID) is ’n kohort leerlinge wie se hoë aggressievlakke onderrig in skole ernstig bemoeilik. Dergelike leerlinge het ’n gemiddelde intelligensiekwosiënt (IK) van 55 tot 70 en, vergeleke met leerlinge sonder MID, het hul ’n agterstand in verstandelike ontwikkeling van twee tot agt jaar. Hierdie leerlinge het ’n vier keer hoër risiko om aggressiewe gedragsuitvalle te openbaar, wat vir onderwysers en belanghebbendes groot uitdagings bied. Die doel van hierdie studie was om te bepaal of, en indien wel, in watter mate, die ouerskapspraktyke van die ouers van dergelike leerlinge bydra tot hulle aggressiewe gedragsuitvalle. Die hoofbevinding van hierdie studie is dat die aggressiewe gedragsuitvalle in die skool ’n simptoom is van dieperliggende probleme, wat die gevolg is van ’n sameloop van negatiewe ouerskapspraktyke, emosionele verwaarlosing en ingeperkte vermoëns van leerlinge met MID om uitdagings toepaslik te hanteer. Negatiewe ouerskapspraktyke het die volgende ingesluit: aggressiewe gedrag, onbetrokkenheid, permissiewe praktyke, gebrekkige kommunikasie en inkonsekwente dissipline met min ondersteuning, warmte en empatie. Die leerlinge het gevoel dat hulle ouers emosioneel en fisies afwesig was, wat gelei het tot ’n gevoel van emosionele verwaarlosing, verwerping, verlies en ’n gebrek aan ondersteuning. Opeengestapelde (“accumulative”) negatiewe faktore soos gesinsverbrokkeling en problematiese binding het ook bygedra tot hulle aggressiewe gedragsuitvalle. Hierdie leerlinge het nie die ondersteuning gehad om uitdagende gebeure te verwerk nie – hulle moes dit self verwerk en is met onverwerkte emosies aan hul lot oorgelaat.

Author Biographies

Phelia Cockrell, Universiteit van Pretoria

Postdoktorale genoot, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Melanie Moen, Universiteit van Pretoria

Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-06-18
Section
Navorsings- en Oorsigartikels