Die eerste 40 jaar van Orania

The first 40 years of Orania

  • Burgert Senekal University van die Vrystaat
Keywords: Orania, selfbeskikking, Afrikaner, volkstaat, regses, minderhede, Afrikaans, HF Verwoerd, Oranjerivier Waterskema, Noord-Kaap

Abstract

Orania verteenwoordig ’n unieke verskynsel in Suid-Afrika, en een waaroor daar reeds baie gepubliseer is. Daar is egter nog nie ’n doelgerigte poging aangewend om die geskiedenis van dié dorp op te teken nie. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die dorp se ontstaan en ontwikkeling vanaf die sestigerjare tot op hede. Die studie ondersoek die ontstaan van die idee, sowel as die ontstaan van die dorp tydens die Waterwese-tydperk, en dek ook die pioniersjare (1991–2000). Daar word verder aangetoon hoe hierdie dorp van ’n idee en ’n klein dorp gegroei het tot bykans 2 000 inwoners. Inisiatiewe soos die plaaslike geldeenheid, die Ora, die ontwikkeling van die gemeenskapsbank, die Orania Spaar- en Krediet Koöperatief (OSK), die (her)vestiging van standbeelde en monumente, die oprigting van tersiêre onderrigsentrums, besighede en toerismebedrywighede word bespreek. Uitdagings en suksesse word ook aangeraak, sowel as die volgehoue media-aandag wat dié dorp ontvang.

Author Biography

Burgert Senekal, University van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Eenheid vir Taalfasilitering en Bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2021-06-17
Section
Navorsings- en Oorsigartikels