Behou kontak! Beliggaamde persepsie, aanraking en digitale kommunikasie oor ’n afstand

Keep in touch! Embodied perception, touch and remote digital communication

  • Jenni Lauwrens Universiteit van Pretoria
Keywords: interoseptiewe aanraking, eksteroseptiewe aanraking, digitale kommunikasietegnologieë, beliggaamde ervaring, haptiese tegnologieë, teenwoordigheid, teleteenwoordigheid, medeteenwoordigheid, haptiese visualiteit

Abstract

As gevolg van die vinnige verspreiding van die nuwe koronavirus en die COVID-19-pandemie is die fisiese grense van aanraking in 2020 verskuif en aggressief in openbare ruimtes (her) polisieer. Gevolglik word “om kontak te behou” met geliefdes en kollegas toenemend deur middel van digitale tegnologieë bedryf. Deur strategiese reklameveldtogte belowe verskeie mobielenetwerkmaatskappye dat hulle netwerke geleenthede bied vir naatlose aanlyn voortsetting van sowel ontspanning as werkbedrywighede. Hulle slagspreuke beklemtoon wat “samesyn/saamwees” en “kontak behou” voortgesit kan word terwyl jy op die internet is, en samesyn en verbinding is vinnig voorgehou as die grondslag van ’n nuwe wyse van kontak behou met ander mense. In hierdie artikel ondersoek ek, aan die hand van kritiese teorieë oor digitaliteit in verhouding met advertensies, prototipes, beeldmateriaal op  sosialemediaplatforms en kunswerke, spesifieke kwessies wat uit hierdie situasie voortspruit. Daardeur verken hierdie artikel die manier waarop beliggaamde persepsie en aanraking in afstand-digitale omgewings voorgehou, uitgevoer en ervaar word, en illustreer hoe die belofte van digitale aanraking nie heeltemal buite ons bereik is nie.

Author Biography

Jenni Lauwrens, Universiteit van Pretoria

Visuele Kultuurstudies, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-06-17
Section
Navorsings- en Oorsigartikels