Die opstuwende geesteswetenskappe-inskrywings aan Hoëronderwysinstellings wêreldwyd

The surging humanities enrolments at Higher Education Institutions worldwide

  • Charl Wolhuter Noordwes-Universiteit
Keywords: demokratisering, geesteswetenskappe, hoër onderwys as navorsingsveld, hoëronderwysinskrywingsgetalle, individuele opbrengskoerse, internasionale hoëronderwysrevolusi, maatskaplike opbrengskoerse, samelewingskritiek, sosiale wetenskappe, universiteit

Abstract

Hierdie artikel bied ’n bestekopname en kritiese, sinsoekende bevraging van die geesteswetenskappe as ’n kollektief aan universiteite en binne die samelewing van die een-entwintigste eeu. Nadat universiteite vir baie lank op die rand van die samelewing was, het die universiteit as instelling na die middelpunt beweeg sedert die middel van die twintigste eeu, en meer so sedert die aanbreek van die wêreldwye hoëronderwysrevolusie vanaf ongeveer 1990. Deel van die massifikasie wat die hoofkenmerk van hierdie revolusie is, is die toename in geesteswetenskappe-inskrywings. In die lig van die eise wat die huidige eeu se ontvouende samelewing aan hoër onderwys stel, is hierdie tendens te verwelkom. Die grootste leemte is dat daar geen dienooreenkomstige navorsingsaktiwiteit is om hierdie studentekorps of hul dosente te begelei tot die beste onderwys en onderwysstelselpraktyk nie. In die slotgedeelte van hierdie artikel word enkele aanbevelings vir die agenda van so ’n navorsingsprojek gemaak.

Author Biography

Charl Wolhuter, Noordwes-Universiteit

Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-03-22
Section
Navorsings- en Oorsigartikels