Die verplasing van studente se kleinhandelbesteding in gasheerstede weens Covid-19: ’n Gevallestudie

The displacement of retail spending by students in host cities owing to Covid-19: A case study

  • David Dyason Lincoln Universiteit
  • Ewert P J Kleynhans Noordwes-Universiteit
Keywords: verbruik, besteding, bestedingsverplasing, universiteit, student, kontakonderrig, Covid-19-virus, kleinhandel, geografie, ekonomiese geografie, ruimtelike ekonomie, stads- en streeksbeplanningsontwikkeling

Abstract

Die ekonomiese waarde van studente se besteding in die dorpe en stede waar hul universiteite geleë is, word in hierdie studie, in die lig van die COVID-19-pandemie, ondersoek. Die studie is uniek deurdat dit ’n universiteitskampus in ’n landelike omgewing as gevallestudie bestudeer. Die tendens is dat studentegetalle, afkomstig van buite die grense van die plaaslike ekonomie, deurentyd styg. Dit het ’n positiewe impak op die ekonomiese aktiwiteite van die gasheerstad en bevoordeel ondernemings as gevolg van studente se bestedingspatrone. Besteding deur voltydse kontakstudente is besonder voordelig vir die kleinhandelsektor in die gasheerstad. Owerheidsinperkings op beweging wat ingestel is om die verspreiding van die koronavirus te verhoed, het hierdie besteding tydelik beëindig en die plaaslike ekonomie nadelig beïnvloed. Die beperkings op die beweging van studente lei tot die verplasing van studentebesteding, weg vanaf die gasheerstad, met ’n kosteverlies vir die kleinhandelsektor van gemiddeld nagenoeg R2 miljoen per dag. Die lengte van die inperking op die normale werking van die universiteit kan dus oor die langer termyn ’n wesentlike effek op die plaaslike kleinhandelmark van die gasheerstad hê, met verlore werksgeleenthede en die sluit van besighede as ’n realiteit. Die onderskeie tipes bestedingsverplasings wat in die literatuur met rampe geassosieer word, word uitgelig. Die resultate is nie net van toepassing gedurende die viruspandemie nie, maar toon ook aan wat die negatiewe permanente langtermynimpak op die plaaslike ekonomie kan wees, indien universiteitsbesture die strategiese besluit sou neem om kontakonderrig permanent met aanlyn onderrig te vervang.

Author Biographies

David Dyason, Lincoln Universiteit

Lincoln Universiteit, Nieu-Seeland and Buitengewone Navorsingswetenskaplike, TRADE-Navosingseenheid, Skool vir Ekonomiese, Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Ewert P J Kleynhans, Noordwes-Universiteit

Skool vir Ekonomiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2021-03-22
Section
Navorsings- en Oorsigartikels