Kerk en reg in die Nederduitse Gereformeerde Kerkorde van 2015

Church and law in the 2015 Church Order of the Dutch Reformed Church

  • Piet Strauss Universiteit van die Vrystaat
Keywords: God vereis orde, Bybel gee beginsels, skepping ’n eenheid in verskeidenheid, elke daad het ’n regskant, reëls van natuurlike geregtigheid geld in tugsake

Abstract

Johannes Calvyn en die gereformeerdes aanvaar nie Sohm se stelling in 1892 dat die kerk geestelik en die reg wêrelds is nie. Wat hulle betref, het God die wêreld as ’n eenheid in ’n verskeidenheid geskape met geen spanning tussen enige kante daarvan nie. Boonop funksioneer elke aksie van die kerk as ’n geloofsverband onder leiding van die geloof in alle aspekte van die werklikheid. Die samehang tussen die kern van hierdie aspekte lê beginsels vir so ’n geloofsaksie bloot: ’n geloofsaksie wat ook ’n regskant het. Die Kerkorde van 2015 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NGKO-2015) vertoon regskante by die ampte, vergaderings, arbeid, tug en betrekkinge van die kerk na buite – die temas van die hoofstukke van hierdie Kerkorde. Sodanige gegewe illustreer die samehang tussen kerk en reg. Daarby noodsaak hierdie samehang die aanvaarding deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk (voortaan NG Kerk) van die regsordes van die state – onder meer die Republiek van Suid-Afrika – waarbinne hy bestaan.

Author Biography

Piet Strauss, Universiteit van die Vrystaat

Historiese en Konstruktiewe Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2021-03-22
Section
Navorsings- en Oorsigartikels