Godsdiens en die reg: Herwaardering van die Hervormde Kerk se Besluit 41 (2016) oor homoseksualiteit

Religion and law: Revisiting Hervormde Kerk Resolution 41 (2016) on homosexuality

  • Antoinette Janse van Rensburg Universiteit van Pretoria
  • Wim Dreyer Universiteit van Pretoria
Keywords: Hervormde Kerk, kerkreg, kerkorde, kerkvergaderings, besluite, administratiewe geregtigheid, Woord van God, belydenis, usansie, prosedures, bevoegdheid

Abstract

Een van die ingrypende, traumatiese en emosiebelaaide kwessies waaroor kerke in die laaste twee dekades besluite geneem het, is homoseksualiteit en die toelating van gay mense tot die amp van predikant. Hierdie bydrae handel oor Besluit 41 (2016) wat die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (Hervormde Kerk) oor homoseksualiteit geneem het. Besluit 41 (2016) word terugskouend, op grond van tersaaklike kerkregtelike beginsels, beoordeel en herwaardeer, met enkele opmerkinge oor die regsimplikasies daarvan. Tradisioneel moet kerkvergaderings die Bybel, belydenisskrifte, kerkorde, besluite van vorige vergaderings en usansie in gedagte hou wanneer daar oor ’n saak besin en besluit word. In hierdie bydrae word geredeneer dat die beginsel van administratiewe geregtigheid ook ter sake is, nie net uit vrees dat howe ’n kerklike besluit ter syde kan stel nie, maar omdat dit ’n inherente deel van die Christelike kerk is om mense met liefde en billikheid te behandel. Daarbenewens is die plek en die funksie van die kerkorde as onderlinge kontrak ter sake. Dit beteken dat ook die kontraktereg ter sprake kom wanneer die hof kerklike besluite hersien. So voldoen kerklike besluite nie net aan die eise van die Woord nie, maar ook indirek aan die bedoeling van die Grondwet van Suid-Afrika.

Author Biographies

Antoinette Janse van Rensburg, Universiteit van Pretoria

Kapelaansdiens, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Doktorale student: Kerkgeskiedenis en Kerkreg, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Wim Dreyer, Universiteit van Pretoria

Departement Sistematiese en Historiese Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2021-03-22
Section
Navorsings- en Oorsigartikels