Die rol van godsdienstige identiteit in die bepaling van die “vervolgingsmodus” vir misdade teen die mensdom

The role of religious identity in determining the “mode of persecution” for crimes against humanity

  • Christo J Botha Universiteit van Pretoria
  • Werner Nel Universiteit van Johannesburg
Keywords: internasionale strafreg, godsdiensvryheidsregte, internasionale strafhof, vervolgingsmodusse, godsdiensgebaseerde vervolging as ’n misdaad teen die mensdom (“godsdiensgebaseerde vervolgingsvergrype”), godsdienstige identiteit, godsdiensgerigte diskriminasie

Abstract

’n Persoon se identiteit bestaan uit veelvuldige “identifiseerders”, insluitende godsdiens. Hierdie godsdiens georiënteerde identiteit (“godsdienstige identiteit”) moet geïnterpreteer word teen die agtergrond van die reg op vryheid van “gewete, godsdiens, denke en oortuiging”. Oor die algemeen is “godsdienstige identiteit” verwant aan die afgeleide effek van ’n persoon se bepaalde eksistensiële oortuiging wat sy/haar innerlike bewussyn en diep eksistensiële identiteit uitmaak, asook sy/haar begrip van die lewe vorm. As ’n beskermde aspek van menslike identiteit, sal ernstige diskriminerende maatreëls op grond van godsdienstige identiteit neerkom op die skending van grondliggende menseregte. Dit kan ook tot gevolg hê dat die vervolger individuele strafregtelike aanspreeklikheid kan opdoen vir godsdiensgebaseerde vervolging as ’n misdaad teen die mensdom. Om sodanige vervolgingsmodus te bepaal, word vereis dat die vervolgde se godsdienstige identiteit die primêre diskriminerende grondslag is waarop die vervolger sodanige slagoffer teiken. Dus, om ’n situasie as godsdiensgebaseerde vervolging te klassifiseer, vereis ’n begrip van die vervolgde se godsdienstige identiteit en hoe dit verband hou met die vervolger se diskriminerende opset. ’n Bepaling van die rol van godsdienstige identiteit in ’n gegewe situasie is dus noodsaaklik om die vervolgingsmodus te bepaal.

Author Biographies

Christo J Botha, Universiteit van Pretoria

Publiekreg, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Werner Nel, Universiteit van Johannesburg

Prosesreg, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2021-03-22
Section
Navorsings- en Oorsigartikels