Vryheid van uitdrukking: Godslastering en die verbod op godsdienstige haatspraak

Freedom of expression: Blasphemy and the prohibition against religious hate speech

  • Helena Van Coller Rhodes Universiteit
Keywords: Vryheid van uitdrukking, godsdiensvryheid, godslastering, haatspraak, aanstigting van geweld, verkondiging van haat, godsdiens, bespotting, laster

Abstract

Artikel 16 van die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg die reg op vryheid van uitdrukking. Hierdie reg geld egter nie sonder beperking nie en sekere beperkings is nie hierby ingesluit nie. Artikel 16(2)(c) is die bepaling waarna in die algemeen verwys word as die “haatspraakbepaling”, naamlik uitdrukkinge gerig op die verkondiging van haat wat op godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te doen, insluit. ’n Belangrike aspek van die reg op vryheid van uitdrukking en veral die verbod op haatspraak is die reg op godsdienstige waardigheid, wat insluit om nie op grond van ander se geloof, godsdiens, oortuigings of godsdienstige handelinge geviktimiseer, bespot of belaster te word nie. Ooreenkomstig ons gemenereg is godslastering steeds ’n misdaad wat bestaan uit die wederregtelike, opsetlike publikasie van woorde of optrede waardeur God beledig of belaster word. Tans vorm die gemeenregtelike misdaad van godslastering steeds deel van die Suid-Afrikaanse reg en dit is deur geen wetgewing formeel herroep of selfs ongrondwetlik verklaar nie, hoewel daar verskeie oproepe is wat die bestaansreg van hierdie misdaad in twyfel trek. Met verwysing na verskeie uitsprake van ons howe, is dit duidelik dat die betekenis van die gemeenregtelike misdaad, godslastering, soos dit ook deur ons howe ontwikkel en geïnterpreteer is, ooreenkomstig artikel 39 van die Grondwet aangepas en ontwikkel moet word en binne die raamwerk van die haatspraakbepaling en gevolglike vereistes daarvan verstaan en toegepas moet word.

Author Biography

Helena Van Coller, Rhodes Universiteit

Fakulteit Regsgeleerdheid, Rhodes Universiteit, Makhanda (Grahamstad), Suid-Afrika

Published
2021-03-19
Section
Navorsings- en Oorsigartikels