Selfbestuur in diep verdeelde samelewings – die kaleidoskoop van Afrikaanse pogings tot ’n model vir selfbestuur

Self-government in deeply divided societies – the kaleidoscope of efforts by the Afrikaans community to develop a comprehensive model for self-management

  • Editorial Office
  • Bertus De Villiers Universiteit van Johannesburg
Keywords: Afrikaans, minderheid, diversiteit, self-regering, outonomie, desentralisasie, gemeenskapsraad

Abstract

Die Afrikaanse gemeenskap het veral sedert 1994 ’n magdom nieregeringsinisiatiewe begin ten einde die voortbestaan van die Afrikaanse taal te bevorder. Die vraag wat telkens gevra word is tot watter mate die Grondwet van Suid-Afrika daarin slaag om die nodige beskerming te bied aan taalgemeenskappe soos die Afrikaanssprekendes en tot watter mate die Afrikaanse gemeenskap die moontlikhede van die Grondwet ten volle benut. Hierdie artikel stel ondersoek in na die volgende vrae: (a) is Afrikaanssprekendes ’n “minderheidsgroep” vir doeleindes van die internasionale reg; (b) is daar in die internasionale reg ’n “reg tot outonomie” vir minderheidsgroepe; (c) voldoen die Grondwet van Suid-Afrika aan internasionale norme insake minderheidsregte; en (d) tot watter mate word spesifieke bepalinge van die Grondwet geoperasionaliseer deur die Afrikaanse gemeenskap. Die gevolgtrekking is dat die Afrikaanse gemeenskap ’n minderheidsgroep is; dat daar geen internasionale reg is tot outonomie nie; dat die indirekte outonomie van die provinsies van die Wes-Kaap en Noord-Kaap tiperend is van internasionale praktyke; dat meer gedoen kan word vir die daarstel van ’n Afrikaanse gemeenskapsraad in die Wes-Kaap en in ander provinsies; dat die outonomie van beheerliggame van openbare skole in die toekoms waarskynlik verder ingeperk sal word; dat ’n groter gedeelte van Afrikaanse huishoudings se besteebare inkomste aangewend sal moet word vir onder meer Afrikaanse onderrig.

Author Biography

Bertus De Villiers, Universiteit van Johannesburg

Besoekende Professor:
Regsfakulteit,
Universiteit van Johannesburg

Published
2018-06-09
Section
Navorsings- en Oorsigartikels