Putnam se gebrekkige modellering van sy brein-in-’n-houer-denkeksperiment

Putnam’s flawed modelling in his brain-in-a-vat thought experiment

  • Hennie Lötter Universiteit van Johannesburg
Keywords: Putnam, brein-in-’n-houer, skeptisisme, denkeksperiment, modellering, semantiese eksternalisme, verwysing

Abstract

Hilary Putnam gebruik die “brein-in-’n-houer”-denkeksperiment om die voorwaardes van verwysing (referensie) deur middel van taal te ondersoek. Hy bou ’n moontlike wêreld vir sy brein-in-’n-houer (BIH) om te demonstreer dat sulke breine nooit self deur middel van taal sal kan aandui dat hulle breine-in-’n-houer is nie. Die rede hiervoor is dat die taal van so ’n brein nooit die vermoë om te verwys ontwikkel nie, omrede die taal van die brein-in-’n-houer nooit kontak maak met ’n buitetalige werklikheid nie. Putnam maak die teoretiese aanname dat die menslike verstand geen toegang het tot ’n buitetalige werklikheid nie, buiten die toegang wat ons sintuie verskaf. Ek redeneer dat Putnam foutiewelik die buitetalige werklikheid gelykstel aan dit waartoe ons tradisionele vyf sintuie ons toegang gee. As hierdie stelling korrek is, dan is Putnam se modellering van die menslike verstand/brein onakkuraat, aangesien hy nalaat om kerneienskappe van die funksionering van die menslike brein in te sluit in sy brein-in-’n-houerdenkeksperiment. Hierdie bevinding impliseer dat mense, korrek gemodelleer, baie sterker kwaliteite besit as wat Putnam in sy BIH-denkeksperiment ten toon stel. 

Author Biography

Hennie Lötter, Universiteit van Johannesburg

Departement Filosofie, Universiteit van Johannesburg, Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2020-12-15
Section
Navorsings- en Oorsigartikels