Die NG Kerk en die Rebellie van 1914–1915: Was die Raad van Kerke kerklik versoenend?

The Dutch Reformed Church and the Rebellion of 1914–1915: Was the Council of Churches ecclesiastically reconciliatory?

  • Piet J Strauss Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Rebellie, opstand in lig van Woord, eerbied vir regeringsgesag, opstand of rebellie uit Gods Woord geregverdig, ondersoek van teenoorstaande standpunte saak, regverdigheid en vergifnis, versoening en regverdigheid

Abstract

Die Rebellie van 1914 tot 1915 sou vir dekades ’n spoor van verdeeldheid onder Afrikaners laat. Hierdie stryd of botsing was hoofsaaklik tussen Afrikaners as regeringsoldate aan die een en rebelle aan die ander kant. Die Rebellie sou volg op die besluit van die Suid-Afrikaanse Regering, bestaande uit oorwegend Afrikaners, op 12 September 1914, naamlik om Duits-Suidwes-Afrika (Namibië) in te val en oor neem. Die agtergrond was die Eerste Wêreldoorlog en die motief strategiese redes wat Brittanje in sy stryd teen Duitsland kon help. Die Unie van Suid-Afrika was sedert 1910 onafhanklik onder die Britse kroon. 

Afrikanerrebelle kon hierdie besluit nie aanvaar nie. Die aggressie teen Duits-Suidwes was offensief van aard en die meeste Afrikaners voorstanders van slegs ’n defensiewe oorlog. Die Rebellie was van korte duur: van 27 Oktober 1914 tot aan die begin van Februarie 1915. As ’n protes was die Rebellie ’n tragedie: dit was nie goed beplan of uitgevoer nie. Hierdie saak sou die agenda van die NG Kerk kruis. ’n Spesiale vergadering van die Federale Raad van NG Kerke (RvK) word vanaf 27 tot 29 Januarie 1915 in Bloemfontein byeengeroep om daaroor te besluit. Die vergadering van die Raad word voorafgegaan deur ’n konferensie van die RvK met 92 NG predikante “uit alle deelen der kerk”.

Volgens die Raad moet die regering erken en wet en orde in staat, kerk en gesin eerbiedig word. Verset teen ’n wettige owerheid moet in die lig van Gods Woord en ’n Bybels-verligte gewete geregverdig word. Die huidige opstand kan nie net met geweld beantwoord word nie. Owerheid en volk moet die redes vir die opstand grondig ondersoek en regverdig hanteer. Teregstellings soos die doodstraf van Jopie Fourie moet gestaak word. Kerklike tug in sake met ’n politieke inhoud is verdag.

Die RvK kies nie kant nie en begenadiging en gesprek as stappe tot versoening word voorgestel.

Author Biography

Piet J Strauss, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Historiese en Konstruktiewe Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Published
2020-12-15
Section
Navorsings- en Oorsigartikels