Literêre aspekte van die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans en die bydrae van die literêre adviseurs in die vertaalproses

Literary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translation

  • Heilna Du Plooy Noordwes-Universiteit
Keywords: Bybelvertaling, direkte vertaling, interaktiewe vertaling, spanvertaling, literêre adviseurs, redigering, die Bybel as ’n taalteks, die Bybel en letterkunde, die Bybel as letterkunde, Hebreeuse poësie, Psalms

Abstract

In hierdie artikel word die rol en funksie van die literêre adviseurs in die 2020-vertaling van die Bybel bespreek. Daar word aandag gegee aan die literêre adviseurs se siening oor die Bybel as ’n taalteks, hulle plek in die vertaalspan en hoe direkte vertaling as vertaalstrategie hulle bydrae bepaal het. Daar word veral klem gelê op die onderhandelende en interaktiewe aard van hierdie vertaling en op die kompleksiteit van die vertaalopdrag, omdat die eise van getrouheid aan die bronteks, sowel as van ’n goeie vloeiende formulering in idiomatiese Afrikaans, soms moeilik te versoen was. Die interafhanklikheid van die literêre adviseurs en die eksegete en brontaalkenners word beskryf, asook hoe literêre insette in elke fase van die vertaling ’n rol gespeel het. Die bydrae van die literêre adviseurs is gerig deur die siening dat die Bybel ’n religieuse sowel as ’n literêre teks is, en dat die eindproduk van die vertaling aan albei hierdie aspekte moet laat reg geskied. Daar word aandag gegee aan voorbeelde van vertaalvraagstukke in die Psalms. Omdat parallelismes so ’n dominante stylfiguur is in die Hebreeuse poësie, word die verskynsel meer uitvoerig in die artikel beskryf, maar ander poëtiese en literêre tegnieke word ook behandel. Die gevolgtrekking is dat die literêre adviseurswerk enersyds nie bepalend is nie, maar andersyds ook nie nalaatbaar nie.

Author Biography

Heilna Du Plooy, Noordwes-Universiteit

Navorsingseenheid Tale en Literatuur, Fakulteit Geesteswetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2020-12-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels