Nog ʼn vertaling van die Bybel in Afrikaans: Wat maak dit anders?

Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?

  • Christo H J Van der Merwe Universiteit Stellenbosch
Keywords: aktiewesoneliggaamsdele, Bybelvertaling, dinamies-ekwivalent, direkte vertaling, ekwivalensie, formeel-ekwivalent, funksioneel-ekwivalent, hervertaling, histories-filologiese benadering, inferensiemodel, kodemodel, kognitiewe taalkunde, kommunikasieleidraad, relevansieteorie, skopos, vertaalmodel, woord-vir-woordvertaling

Abstract

Die 2020-vertaling is anders as die ander vertalings van die Bybel in Afrikaans omdat daar op ’n innoverende manier ’n wyse gevind moes word om aan die behoeftes van kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, te voldoen. Dit is naamlik die behoefte aan ’n verstaanbare vertaling in idiomatiese Afrikaans wat baie na aan die bronteks bly. In hierdie alternatiewe vertaalmodel is ’n byna onmoontlike ideaal gestel: ’n “Direkte” vertaling wat poog om die bronteks te vertaal asof die skrywers direk in goeie idiomatiese Afrikaans aangehaal word. Dié vertaalmodel het ’n grondige besinning vereis oor die taalmodel waarmee gewerk sou word. In hierdie verband het die kognitiewe taalkunde waardevoKeurders: Desember 2019 – November 2020 alle insigte gebied. Baie van hierdie insigte is nie heeltemal nuut nie, maar eerder verdere ontwikkelings en/of verfynings van tradisionele wyshede waarmee alreeds in die histories-filologiese semantiek gewerk is. ’n Voorbeeld in hierdie verband is die feit dat taal volledig ingebed is in die kultuur en ervarings van die sprekers van die betrokke taal. (Dit is daarom byna onvermydelik dat lesers sommige vertalings nie gaan verstaan nie, tensy die vertaling van toeligtende kommentaar voorsien word.) Verdere waardevolle insigte uit die kognitiewe taalkunde, wat met behulp van voorbeelde geïllustreer word, is dat daar onderskei moet word tussen die prototipiese en minder prototipiese betekenisse van uitdrukkings; dat betekenisverskuiwings geleidelik geskied en dat dit eie aan menslike taal is dat sommige onderskeidings moeilik is om te maak; en dat betekenisonderskeidings tipies met kenmerkende ko- en kontekstuele raamwerke vir elkeen van die onderskeidings gepaard gaan en dat die vorme wat sprekers gebruik of aan hulle taaluitings gee, altyd die primêre uitgangspunt van die interpretasie daarvan moet wees.

Author Biography

Christo H J Van der Merwe, Universiteit Stellenbosch

Departement Antieke Studie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2020-12-14
Section
Navorsings- en Oorsigartikels