’n Lofrede vir taal

  • C S De Beer Universiteit van Suid-Afrika

Abstract

Die rede vir hierdie essay lê in my belewenis van en lewe in ’n taal wat vir my veel meer beteken as wat die afgelope jaar of meer se geraas aangaande my taal in my land aan gepraat en geskryf oor die plek en betekenis daarvan opgelewer het. Dit het my veel meer laat dink aan die gebrabbel waarvan Steiner (2001) melding maak as aan werklike intellektuele en verantwoordelike gesprekke, met enkele uitsonderinge hier en daar. Een rubriekskrywer het heel tereg verwys na “die stotterende debat” oor taal. Die minseggende aard van hierdie artikel het self miskien uit die aard daarvan van die skrywer ’n medestotteraar gemaak. Die debatte het veral gehandel oor die uitfasering en selfs verwerping van Afrikaans as onderrigtaal aan onderwysinstellings en by implikasie die bedreiging, al dan nie, van die voortbestaan daarvan.

Author Biography

C S De Beer, Universiteit van Suid-Afrika

Emeritus professor, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-09-29
Section
Essay