Taboetaalgebruik as sleutel-element vir die konstruksie van ’n manlike zefidentiteit

Taboo language use as a key element in the construction of a zef identity

  • Amanda van der Walt Sedibeng Kollege
  • A J van Rooy Universiteit van Amsterdam
Keywords: zefidentiteit, manlikheid, zef, hegemoniese manlikheid, taalgebruik, leksikon, korpus, taboewoorde, taboedomeine, seksuele metafore, kru taal

Abstract

Die rol wat taal speel in die konstruksie van Afrikanermanlikheid en zefidentiteit is nog nie voorheen as selfstandige tema ondersoek nie. In hierdie artikel is die doel om te bepaal hoe manlikheid binne ’n zefidentiteit op die blog geskep en geprojekteer word, deur die gebruik van taboetaal. Zefidentiteit is ’n vorm van protesterende manlikheid wat sigself stel teenoor die hegemoniese Afrikanermanlikheid (Du Pisani 2001), wat deur puriteinse moraliteit en openbare en ekonomiese mag gekenmerk word.

Die WKJ?-korpus is gebruik vir die analise. Die korpus bestaan uit ongeveer 1,4 miljoen woorde. Vir hierdie analise is die data van die eerste inskrywings in 2000 tot en met 2017 gebruik. ’n Totaal van 50 tekste (ongeveer 30 000 woorde) is met die hand geselekteer en geanaliseer om verdere moontlike taboedomeine te identifiseer. Buiten die drie hoofdomeine wat uit vorige navorsing geïdentifiseer is, is daar nog twee domeine uit die korpus onttrek, naamlik die weerdomein en plantdomein.

Die analise het getoon dat WKJ?-lesers en -bydraers doelbewus taboetaal op die blog gebruik om preutse lesers te skok en aanvaarbare sosiale norme te oortree. Hierdeur word die protesterende manlikheid via ’n zefidentiteit voorgehou, om die puriteinse waardes van die hegemoniese Afrikanermanlikheid op ironiese, en dikwels dubbelsinnige, wyse te opponeer maar ook te ontmasker.

Author Biographies

Amanda van der Walt, Sedibeng Kollege

Sedibeng Kollege & Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, Suid-Afrika

A J van Rooy, Universiteit van Amsterdam

Universiteit van Amsterdam, Amsterdam, Nederland, & Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark, Suid-Afrika

Published
2020-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels