Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies

Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing loss

  • Ronel S Davids Universiteit van Wes-Kaapland
  • Nicolette V Roman Universiteit van Wes-Kaapland
  • Rinie Schenck Universiteit van Wes-Kaapland
Keywords: horende ouers, kind met gehoorverlies, ouerskapbenaderings, bydraende faktore, self-effektiwiteit van ouers

Abstract

Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole & Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind om ’n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit ’n uitdaging vind om ’n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon, Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar ’n kind met ’n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om ’n kind met gehoorverlies groot te maak.

In hierdie studie ondersoek ons of daar ’n verskil is tussen moeders en vaders se ouerskapbenadering, en of daar enige bydraende faktore is wat ouers se self effektiwiteit mag benadeel wanneer hulle ’n kind met gehoorverlies grootmaak.

Author Biographies

Ronel S Davids, Universiteit van Wes-Kaapland

Departement Maatskaplike Werk, Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika

Nicolette V Roman, Universiteit van Wes-Kaapland

DWI/NNS/NOP-Leerstoel: Menslike Vermoëns, Sosiale Kohesie en die Gesin, Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika

Rinie Schenck, Universiteit van Wes-Kaapland

DWI/NNS/WNNR-Leerstoel: Afval en Samelewing, Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika

Published
2020-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels