Omgewingsidentiteit in die Era van die Mens: Nuwe perspektiewe op Toorbos. Deel 1

Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1

  • Susan Meyer Noordwes-Universiteit
Keywords: Antroposeen, omgewingsidentiteit, Toorbos, Dalene Matthee, omgewingshoudings en -gedrag, Susan Clayton, Susan Opotow

Abstract

Die rolprentweergawe van Dalene Matthee se roman, Toorbos, wat op die uitwissing van groot gedeeltes van die Knysnawoud en inheemse ekosisteme daarvan in die 1930’s fokus, is verlede jaar vrygestel. Ook in 2019 het die tema van die Simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, “Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde”, ons opnuut attent gemaak op die druk wat op die planeet se lewensonderhoudende sisteme geplaas word. My studie sluit by hierdie sake aan; die konteks daarvoor is die hedendaagse aandag aan identiteitskwessies in navorsingsgeledere waar die aandag op benaderings tot omgewingskonflik en -krisisse toegespits is. Die teoretiese raamwerk wat benut word in die ekokritiese herlees van Toorbos is Susan Clayton en Susan Opotow se omgewingsidentiteitsteorie en -model.

In Deel 1 van hierdie studie word die belang van omgewingsidenteit teoreties gemotiveer. Ook word gepoog om die relevansie van hierdie beginsel vir omgewingsgeoriënteerde denke uit te klaar en te onderstreep, in aansluiting by die wêreldwye besorgdheid oor die bestaanskrisis vir die mens, sou die planeet se vermoë om te voorsien tot niet gaan. In Deel 2 (Maartuitgawe van 2021) word die belang van Clayton en Opotow se omgewingsidentiteitsidees prakties geïllustreer deur die toepassing van hulle omgewingsidentiteitsmodel op die hooffigure in Toorbos. Uiteindelik illustreer hierdie studie die effek van omgewingsidentiteitsverskille tussen romankarakters en werp dit lig op die onversoenbaarheid tussen mense as gevolg daarvan. Toorbos het potensiaal as bewusmaker van die kwessie van omgewingsidentiteit en as demonstrasie van die kragtige wyse waarop dit op menseverhoudings, sowel as op omgewingsgedrag en -oortuigings, kan inspeel. 

Author Biography

Susan Meyer, Noordwes-Universiteit

Skool vir Taalonderwys, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2020-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels