Die grondwetlike vereistes en prosesse om ’n president van die VSA uit sy amp te verwyder: Die geval van president Donald Trump tydens ’n politiek gelaaide atmosfeer

The constitutional requirements and processes to remove a president of the USA from office: The case of president Donald Trump in a politically charged atmosphere

  • Riaan Eksteen Universiteit van Johannesburg
Keywords: Amp, ampsaanklagtes, amspverhoor, Demokrate, Hoofregter, Huis van Verteenwoordigers, Intelligensiekomitee, Kongres, magsmisbruik, Oekraïne, obstruksie van die Kongres, president Trump, Regskomitee, Republikeine, Senaat, speaker Pelosi

Abstract

Om ’n president uit sy amp te verwyder, is ’n tweeledige proses wat sowel ʼn politieke as ʼn regskomponent behels en agtereenvolgens in die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat suksesvol afgehandel moet word. Uit die aard van die saak is beide ernstig en gewigtig, maar die spesifieke bepalings daaroor in die grondwet word nie altyd reg verstaan nie.

In 1868 was president Andrew Johnson die eerste president teen wie die Huis wel ampsaanklagtes suksesvol geformuleer het, wat die Senaat nie goedgekeur het nie. Voordat die Huis oor amspaanklagtes teen president Richard Nixon kon stem, het hy in 1973 bedank. In 1995 het die Senaat vir president Bill Clinton op twee ampsaanklagtes onskuldig bevind.

Die speaker van die Huis, Nancy Pelosi, gee op 24 September 2019 opdrag dat ampsaanklagtes teen president Trump ondersoek moet word met die doel om hom uit sy amp te verwyder. Eintlik was dit meer om ’n politieke proses aan die gang te kry sodat ’n politieke doelwit bereik kon word, eerder as om tot die verdediging van die grondwet te kom en die toepassing daarvan te verseker. Wat veronderstel was om ’n somber grondwetlike aangeleentheid te gewees het, het algaande in ’n politieke sirkus ontaard. Die Huis waar die Demokrate in die meerdheid was, het wel twee aanklagte teen hom geformuleer. In die Senaat kon die Demokrate met hul minderheid nie 18 Republikeine oortuig om saam te stem nie. Toe die vereiste tweederdemeerderheid vir ’n skuldigbevinding as gevolg daarvan faal, het die  Demokrate die verrigtinge in die Senaat as ’n skynverhoor veroordeel. In die finale ontleding het dit vir die Demokrate daaroor gegaan om president Trump persoonlik en polities af te kraak en te verketter met die oog op die presidentverkiesing in November 2020.

Author Biography

Riaan Eksteen, Universiteit van Johannesburg

Senior Navorsingsgenoot, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Johannesburg

Published
2020-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels