Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte

General CF Beyers: His world view as reflected in his public statements

  • P J Strauss Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Konsekwente Christelike lewensbeskouing, Bybel dek volle lewe, Rebellie 1914–1915 ’n uitbarsting en nie ’n beplande opstand nie, God as deterministies in sy voorsienigheid beskou, tragiese einde van Afrikanerleier

Abstract

Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as ’n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur. Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies. Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit. Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees… 

Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika. Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op ’n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit. Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September.

Beyers is gekant teen ’n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg. As ’n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie.

Beyers het geglo in ’n bykans deterministiese voorsienigheid van God: ’n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee. Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind. Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.

Author Biography

P J Strauss, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Historiese en Konstruktiewe Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein

Published
2020-09-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels