Skrywersbibliografieë, grootdatanetwerke en die posisie van skrywers soos NP van Wyk Louw in die literêre kanon

Author bibliographies, big-data networks and the position of writers such as NP van Wyk Louw in the literary canon

  • Ronél Johl Universiteit van Johannesburg
Keywords: (skrywersposisie in die) literêre kanon, waardering en herwaardering, statuur, skrywersbeeld, rangordening, intertekstualiteit, netwerkanalises, soekenjins, inligtingsbronne, vermeldings en verwysings, groot data, skrywersbibliografieë, elektroniese databasisse, kwantifiseerbare inligting, datastelle

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het ’n projek van stapel laat loop om Hertzogpryswenners te huldig en die opstel van ’n bibliografie van die werk van en oor die skrywers is ’n belangrike aspek van elke huldigingspublikasie. Die vraag is egter of gedrukte toegewyde skrywersbibliografieë nog nut het in ’n era van elektroniese databasisse, en indien wel hoe die samestelling van die bibliografie vir gebruikers die beste waarde kan ontsluit. Hierdie bydrae neem die bibliografie wat Francis Galloway en Alwyn Roux vir die huldigingspublikasie van die skrywer Breyten Breytenbach saamgestel het as aanknoping en probeer verskillende argumentslyne saamtrek ten einde ’n saak vir die waarde van gedrukte skrywersbibliografieë vir onder meer die kritiese navorsingsgemeenskap uit te maak: ’n argument, eerstens, vir die bruikbaarheid van ’n gedrukte bibliografie om met ’n oogopslag ’n oorsig te bied oor die kreatiewe uitset van ’n skrywer, die akademiese resepsie daarvan en kreatiewe respons daarop plus die ontvangs van die skrywerskap in die openbare sfeer; tweedens, vir die moontlikheid om inligting en verwysings op ’n diskriminatiewe wyse byeen te bring om skoon datastelle beskikbaar te stel vir navorsers binne die konteks van die sisteemnavorsing en grootdataverwerking wat toenemend die reël in die digitale geesteswetenskappe raak; en, derdens, vir die bruikbaarheid van die gestandaardiseerde inligting van skrywersbibliografieë binne die kritiese kanonstudies met die oog op die ondersteuning van waardeaansprake rondom die statuur en invloed van skrywers en hulle posisie in die kanon, in hierdie geval spesifiek dié van NP van Wyk Louw, wie se posisie in die kanon rondom die eeuwending betwis geraak het.

Author Biography

Ronél Johl, Universiteit van Johannesburg

Emeritus professor, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2020-07-07
Section
Navorsings- en Oorsigartikels