Louw bevry: ’n Riff op ’n naat

Louw set free: A riff on a seam

  • Helize Van Vuuren Nelson Mandela Universiteit
Keywords: NP van Wyk Louw, laatwerk, laatstyl, apartheid, bontheid, narwal, Afrikaanse poësie, Nuwe verse (1954), Tristia (1962), Paul Celan, kanonisering, Jacques Derrida, /Xam, Khoi-San, Trafalgar High School, DJ Opperman, apartheidAfrikanernasionalisme, African Political Organisation, Afrikaans, GR von Wielligh, Afrikaanse poësieSuid- Afrikaanse letterkunde

Abstract

NP van Wyk Louw (1906–1970) se digterlike oeuvre bestaan uit ses digbundels, vier tussen 1935 en 1942, geskryf in Suid-Afrika, en twee tydens sy verblyf in Amsterdam in die vyftigerjare, Nuwe verse (1954) en Tristia en ander verse voorspele en vlugte 1950–1957 (1962). Dié laaste twee digbundels sien ek hier as sy laatwerk (laaste werk, later in sy lewe geskryf), waarmee hy sy oeuvre afsluit (na ’n ernstige hartaanval in 1961 was hy minder gesond, en het na Tristia in 1962 – verse uit die vyftigerjare in Europa – tot met sy dood agt jaar later, nooit weer ’n digbundel gepubliseer nie). Die term “laatwerk” word nie geproblematiseer nie, slegs gebruik om te onderskei tussen sy vroeëre werk (1935–1942) en aan te dui dat dié twee bundels, hier ter sprake (1954–1962) sy digterlike oeuvre afsluit. Die term word gebruik soos in Duitse  literatuurkritiek en musikologie, waar “Spätstil” (laatstyl) ’n merker is van waar werke in ’n oeuvre inpas.

Author Biography

Helize Van Vuuren, Nelson Mandela Universiteit

Emeritus professor, Departement Tale en Letterkunde, Skool vir Tale, Media en Kommunikasie, Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth, Suid-Afrika

Published
2020-07-07
Section
Navorsings- en Oorsigartikels