Die liefdestema in Tristia van NP van Wyk Louw en sy “Groot ode” as liefdeselegie

The theme of love in Tristia by NP van Wyk Louw and his “Groot ode” as a love elegy

  • Heilna Du Plooy Noordwes-Universiteit
Keywords: NP van Wyk Louw, Tristia en ander verse voorspele en vlugte 1950– 1957, Ovidius, Tristia, Romeinse liefdeselegie, resepsie (van Louw se poësie), Afrikaanse poësie, Dertigers, jukstaposisie, liefdespoësie, filosofie, religie en poësie

Abstract

In hierdie artikel word verslag gelewer van ’n lesing van “Groot ode” as ’n liefdeselegie. Die aanleiding vir die ondersoek is ’n opmerking deur PG du Plessis oor Louw se eie siening van die gedig. Die lesing word geplaas teen die agtergrond van die aanvanklike resepsies van Tristia en “Groot ode” as poësie wat hoofsaaklik gemoeid is met metafisiese vraagstukke. Daarna word ’n verkenning van Tristia onderneem om liefdesgedigte wat metafories verskuil word en tussen ander gedigte in die bundel geplaas is, uit te lig. Die titel Tristia roep onvermydelik assosiasies met die klassieke wêreld op en daarom word die Romeinse liefdeselegie betrek in die interpretasie van “Groot ode”. Op grond van kerneienskappe van die Romeinse liefdeselegie word liefdesmotiewe in “Groot ode” nagegaan en herinterpreteer. Dit wil voorkom asof die  tema van ’n liefdesafskeid weldeeglik in die gedig aanwesig is en inderdaad die primêre aanleiding is vir die filosofiese, religieuse en etiese besinning in die gedig.

Author Biography

Heilna Du Plooy, Noordwes-Universiteit

Buitengewone professor, Navorsingseenheid Tale en Literatuur, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels