Die pluimsaad waai ver(der): Om Van Wyk Louw in Katolieke verband te herverbeel

Plume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context

  • Anastasia De Vries Universiteit van Wes-Kaapland
Keywords: Van Wyk Louw, Katoliek, Afrikaans, Afrikaanse kulturele diskoers, Katolieke Afrikaans, Katolieke kerkgeskiedenis, Dominikane, Van Wyk Louw-Katolieke verhouding, Katolieke leemte, Van Wyk Louw as Katolieke “plek van herinnering”

Abstract

Tot nou toe het ondersoeke oor Van Wyk Louw se nalatenskap hoofsaaklik gekonsentreer op hoe daar nog, ’n halfeeu ná sy dood, vanuit die letterkunde en ander kunsvorms met hom in gesprek getree word en hoe hy tot nou toe in sowel literêre as kulturele diskoerse opgeroep word. In dié bydrae word die aandag gevra vir ’n ruimte waar sy voortgesette teenwoordigheid na alle waarskynlikheid nie verwag word nie, te wete die geskiedenis van Afrikaans in die Katolieke Kerk. Dit gaan hier om ’n bewusmaking dat hy weliswaar ook in die geskiedenis van die Katolieke Kerk opgeroep word én in hierdie konteks ’n weg help baan het vir Afrikaans.

Author Biography

Anastasia De Vries, Universiteit van Wes-Kaapland

Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Wes-Kaapland, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels