NP van Wyk Louw se diere en gestaltes herbesoek: ’n Ekokritiese lesing

NP van Wyk Louw’s animals and figures: An ecocritical reading

  • Johann Lodewyk Marais Universiteit van Pretoria
Keywords: diereregte, Jacques Derrida, ekoliteratuur, Martin Heidegger, modernisme, natuur, primate, Raka, simbolisme, “Die swart luiperd”

Abstract

In die digter, dramaturg en intellektueel NP van Wyk Louw (1906–1970) se werk kom heelparty verwysings na diere voor, terwyl enkele gedigte in die geheel aan een of ander dierespesie gewy word. Louw se gedigte oor diere word hoofsaaklik beskou as gedigte met een of ander simboliese betekenis, waar min aandag aan die spesifieke spesie met unieke eienskappe gegee word. Die aanwesigheid van simbolistiese en modernistiese trekke in Louw se werk het tot dié sienings bygedra. In hierdie artikel word die digter se werk teen die agtergrond van literatuur oor diere se gedrag en dierestudies gelees. Filosowe soos Martin Heidegger en Jacques Derrida het ’n belangrike bydrae tot die aard en wêreld van die dier gelewer, terwyl die Nederlands gebore Amerikaanse primatoloog Frans de Waal bevind het dat  diere oor die vermoë beskik om kultuur te verwerf. Die gaping tussen mense en diere het “verklein”, en gedigte soos Louw se Raka (1941) en “Die swart luiperd” in Gestaltes en diere (1942) word in hierdie artikel by ’n nuwe kyk op Louw se gedigte oor diere betrek.

The animal is a word, it is an appellation that men have instituted, a name they have given themselves the right and the authority to give to the living other. (Derrida 2008:23)

Author Biography

Johann Lodewyk Marais, Universiteit van Pretoria

Eenheid vir Akademiese Geletterdheid, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels