Bewegingswerkwoorde in Van Wyk Louw se poësie

Motion verbs in Van Wyk Louw’s poetry

  • Nerina Bosman Universiteit van Pretoria
Keywords: Van Wyk Louw, bewegingswerkwoorde, gaan, kognitiewe semantiek, beeldskemas, PAD, konseptuele metafore, VERANDERING IS BEWEGING

Abstract

Bewegingswerkwoorde vorm ’n semantiese klas van hulle eie. In hierdie artikel word die betekenis en metaforiese onderbou van bewegingswerkwoorde in NP van Wyk Louw se poësie ondersoek, met die kognitiewe linguistiek, waarvan die konseptuelemetafoorteorie ’n fundamentele deel vorm, as teoretiese vertrekpunt. In aansluiting by die kognitiewe linguistiek word daar aanvaar dat ons verstaan van die werklikheid onder andere nou verweef is met ons beliggaamde ervaring van beweging. Verandering as konsep vorm deel van ons verstaan van wat beweging is en die konseptuele metafoor VERANDERING IS BEWEGING onderlê dan ook metafore wat afgelei word van hierdie oerbewegingsmetafoor. Beweging (die verandering van plek) kan volgens Radden (1995:424) gekategoriseer word as één tipe verandering, saam met ander, soos verandering van tyd en verandering van toestand.

Daar word aangetoon dat betekenis te voorskyn kom deur die PAD-beeldskema (soos wat Johnson en Lakoff aantoon) wat dien as vrugbare brondomein vir konseptuele metafore. Die semantiek van die mees frekwente bewegingswerkwoord in Afrikaans, (en dit is ook in Louw se poësie die mees frekwente), naamlik gaan, word eerstens ondersoek, waarna ’n reeks konseptuele metafore (VERANDERING VAN TOESTAND IS OM 'N BESTEMMING TE BEREIK, VEANDERING VAN GEESTESTOESTAND IS BEWEGING, OM GROTER INSIG TE VERKRY IS OM 'N BESTEMMING TE BEREIK, OM DOOD TE GAAN IS OM UIT TE BEWEEG, LEWE IS BEWEGING) in “Groot ode” geïdentifiseer word.

From the very beginning of our life, and evermore until we die, movement keeps us in touch with our world in the most intimate and profound way. In our experience of movement, there is no radical separation of self from world. - Mark Johnson, The meaning of the body

Author Biography

Nerina Bosman, Universiteit van Pretoria

Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels