Relativering in die poësie van NP van Wyk Louw

Relativisation in the poetry of NP van Wyk Louw

  • Jac Conradie Universiteit van Johannesburg
Keywords: deiktiese sentrum, illokusionêre relativering, leksikale relativering, modale bywoord, modale relativering, norm, perspektief, postmodernisme, relativering, vergelyking, verkleining

Abstract

Van Wyk Louw pas op verskillende maniere relativering in sy poësie toe: leksikale relativering, waar hy entiteite as klein, dun, smal, ensovoorts, dikwels met die verkleiningsuitgang -tjie beskryf (bv. klein beiteltjie), modale relativering, waar iets gekwalifiseer word met ’n modale bywoord soos mos, glo, miskien, en illokusionêre relativering deur meermale vrae te stel: retories, aan die hoorder/leser gerig, aan homself gerig. Dit lewer verskillende winste op, byvoorbeeld die voorstelling van weerloosheid teenoor bedreiging (bv. die spelende kinders teenoor Raka), die aanduiding van onsekerheid ten opsigte van groot uitdagings (“Miskien ook sal ons sterwe”), en die inkwisiteur se uitdrukking van vrees (“het hy geskree of ek?”). Relativering stel Louw nie alleen in staat om treffende kontraste te skep nie, maar ook om te kenskets en ironiseer, en op ’n wye verskeidenheid terreine korrektiewe aan te bring en nuwe perspektiewe te bied.

Author Biography

Jac Conradie, Universiteit van Johannesburg

Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Taalkunde (LanCSAL), Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels