Die daad onthul (im)moraliteit

The deed reveals (im)morality

  • Willem J Botha Universiteit van Johannesburg
Keywords: konsep, daad, objektiewe, subjektiewe, moraliteit, konstruering, versmelting, Germanicus, Tiberius

Abstract

Van Wyk Louw se dramatiese werk word gekenmerk deur verskillende manifestasies van die daad. Die betekenisonderskeidings van doen en daad in die genoemde werke het in die verlede egter tot aansienlike kontroversie aanleiding gegee, veral in die beoordeling van die versdrama Germanicus. Die karakter Germanicus is van sogenaamde daadloosheid beskuldig. 

In hierdie bespreking word vier betekenisonderskeidings van die leksikale item daad binne die Germanicus-konteks ondersoek. Dit word gedoen teen die agtergrond van die feit dat dit verskillende manifestasies is van die konsep daad. 

Uit die ontleding van die voorbeeldmateriaal uit Germanicus word aangetoon dat die betekenisnuanse “moraliteit” eksplisiet of implisiet deur sekere betekenisonderskeidings van daad “gedra” word.

Uiteindelik dra die komplekse verweefdheid van daad en moraliteit daartoe by dat Germanicus nie in ’n posisie was om ’n morele keuse te maak nie.

Author Biography

Willem J Botha, Universiteit van Johannesburg

Departement Afrikaans, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels