NP van Wyk Louw: Opstelle vir ’n oorgangstyd (’n voorwoord)

  • Ronél Johl

Abstract

Te midde van die Covid-19-pandemie en ingrypende beperkings op die basiese regte van mense deur regerings oor die hele wêreld, merk 18 Junie 2020 vir ’n klein gemeenskap vir wie die klein taal Afrikaans in al haar manifestasies na aan die hart lê, die vyftigste herdenking van die sterfdatum van een van haar heel groot skrywers en rigtinggewende denkers – ’n man wat volgens sommige die Nobelprys vir Letterkunde vir sy lewenswerk moes ontvang het, maar terselfdertyd ook ’n man wie se beskouings tydens sy lewe en veral ná sy dood dikwels uit verskillende, opponerende oorde kritiek (en by geleentheid kritiek-met-oogklappe) ontlok het.

Author Biography

Ronél Johl

Gasredakteur

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels