Duwweltjies en verantwoordelikheid
Abstract
Min Afrikaanssprekendes sal seker ontken dat Afrikaans, spesifiek Standaardafrikaans, deesdae onder groot druk is. In sy hoër funksies –byvoorbeeld in ons howe (Engels moet die taal van rekord wees), tersiêre instellings, die handel en nywerheid, die owerheidswese – word Afrikaans toenemend ʼn bedreigde spesie. Dit wil vir hierdie skribent voorkom asof party mense – dikwels aanbieders van klets- of tydskrifprogramme en diegene met wie hulle praat, om nie van sportafrigters en spelers te praat nie – dit as benede hulle beskou om goeie Afrikaans te praat, asof dit “onkoel” is,gewis nie polities korrek nie. Dit lyk soms asof daar ʼn soort kollektiewe skuldgevoel oor Afrikaans is weens apartheid in die algemeen en dalk gebeure soos Soweto 1976.