Redakteursnota

  • Ina Wolfaardt-Gräbe
  • Jacques Van der Elst

Abstract

Op 18 Junie vanjaar is dit die vyftigste herdenking van die sterfdatum van NP van Wyk Louw en dit is daarom gepas dat daar in die Junienommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe opnuut besin word oor die nalatenskap van “ ... ’n man wat volgens sommige die Nobelprys vir Letterkunde vir sy lewenswerk moes ontvang het, maar terselfdertyd ook ’n man wie se beskouings tydens sy lewe en veral ná sy dood dikwels uit verskillende, opponerende oorde kritiek (en by geleentheid kritiek-met-oogklappe) ontlok het” – aldus Ronél Johl, gasredakteur vir hierdie temanommer.

Published
2020-07-06
Section
Navorsings- en Oorsigartikels