Redakteursnota

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

Reeds in die Desember 2019-uitgawe van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (Vol 59(4):611-700) is ’n onderafdeling gewy aan die verskillende manifestasies van die verskynsel kwesbaarheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. In hulle inleidende opmerkings het die gasredakteurs, Derick Blaauw en Rinie Schenck, aangedui dat daar deur die navorsing getrag is om “aan die stemme van kwesbare groepe gehoor te gee” (p. 611) deur hulle verskillende ervarings en verhale oor hulle omstandighede op te teken.

Published
2020-03-31
Section
Navorsings- en Oorsigartikels