Die triomf van die silwerdoek: Christiaan Olwagen se filmverwerking van Die seemeeu

The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen’s film adaptation of The Seagull

  • Jacomien Van Niekerk Universiteit van Pretoria
  • Mart-Mari Van der Merwe Universiteit van Pretoria
Keywords: Anton Tsjekow, Die seemeeu, Christiaan Olwagen, verwerking, film, auteur, drama, gehoor, simboliek, stereotipes, subjektiwiteit van die verwerker

Abstract

Hierdie artikel ontleed enkele aspekte van Christiaan Olwagen se 2018-filmverwerking van Anton Tsjekow se drama Die seemeeu. In hierdie verwerking is die gegewe van die oorspronklike dramateks verplaas na die vroeë negentigerjare van die twintigste eeu in Suid-Afrika, ’n tydperk van ommekeer vir die Afrikaanse teaterbedryf. Olwagen se verwerking beeld die noodsaak vir hierdie verandering uit, maar lewer ook kommentaar op die kuns van verwerking (“adaptation”) en die huidige stand van die Afrikaanse drama- en filmwêreld. Dit span doelbewus simboliek en stereotipes in wat deur sommige Tsjekow-kenners verwerp sou word met die doel om aan die vereistes van die gehoor, spesifiek die filmkyker, te voldoen. Daar word aangetoon dat ofskoon Die seemeeu ’n verwerking is, dit vormlik en tematies aansluit by die ander films in Olwagen (’n moontlike auteur-regisseur-in-wording) se oeuvre.

Author Biographies

Jacomien Van Niekerk, Universiteit van Pretoria

Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Mart-Mari Van der Merwe, Universiteit van Pretoria

Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-03-31
Section
Navorsings- en Oorsigartikels