“Wie praat hier?” Die rol van die verwerker in die aanpassing van ’n roman na ’n jeugteaterproduksie met kulturele en geografiese verskuiwings

“Who is speaking here?” The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocations

  • Alma Nel Universiteit van Stellenbosch
  • Petrus Du Preez Universiteit van Stellenbosch
Keywords: verwerkingsteorie, jeugteater, Dis ek, Anna, Anchien Troskie, Elbie Lötter, geografiese verskuiwings, taalverskuiwing, taalvariëteit in Afrikaanse toneel

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die verwerkingsproses van die roman Dis ek, Anna deur Anchien Troskie (onder die skuilnaam Elbie Lötter) na ’n jeugteaterdrama getiteld Dis ek, Annatjie. Hierdie jeugteaterdrama is opgevoer deur hoërskoolleerders onder leiding van ’n professionele teatermaker vir ’n toneelkompetisie wat ’n tydsbeperking van 45 minute gestel het. Keuses moes dus gemaak word ten opsigte van die storiegegewens in die bronteks. Om die relevansie van die verhaalgegewens vir die leerders te verhoog, is kulturele aanpassings gemaak met taal as ’n belangrike merker, en die milieu is verplaas na die geografiese en sosiale omgewing van die leerders. Die posisie van die teksverwerker en regisseur word in hierdie artikel geproblematiseer,  aangesien hulle profiel verskil van die leerders se kultuur- en milieuprofiel. Kwessies rondom kulturele toe-eiening word derhalwe in die artikel vooropgestel. Die bevindinge uit hierdie praktykgerigte navorsing sluit in dat die samewerkende prosesse tussen die teatermaker en die deelnemende leerders van kardinale belang is. Die kulturele en geografiese verskuiwings bied verder vir die deelnemende leerders ’n geleentheid om identiteitskwessies aan te spreek, terwyl die tematiek van die verhoogproduksie relevante sosiale kwessies vir die deelnemers en teikengehoor bevat. Hierdie gevolgtrekkings kon slegs gemaak word omdat die aanpassingsproses nie ’n individu- of outeursgerigte proses was nie, maar die behoeftes en kennis van die leerders in die proses vooropgestel het. Die deelnemende aard van die proses verseker nie net dat die teikengehoor aanklank by die verwerking vind nie, maar dit bewerkstellig ook ’n outentisiteit wat bydra tot die geloofwaardigheid van die verwerking.

Author Biographies

Alma Nel, Universiteit van Stellenbosch

Departement Drama, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Petrus Du Preez, Universiteit van Stellenbosch

Departement Drama, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Published
2020-03-31
Section
Navorsings- en Oorsigartikels