Vroulike inwoners van myndorpe: ʼn Gevallestudie uit Emalahleni

Women in mining towns: A case study from Emalahleni

  • Anmar Pretorius Noordwes-Universiteit
Keywords: myndorpe, vroue, Emalahleni, kwesbaar, persepsies, arbeidsmagdeelnamekoers, werkloosheid, besoedeling, misdaad, huishoudelike geweld

Abstract

Suid-Afrikaanse vroue kry toenemend erkenning en word meer gereeld aangestel in prominente openbare posisies. Nogtans kan sekere groepe vroue steeds as kwesbaar beskou word. Australiese literatuur fokus gereeld op die rol van vroue in myndorpe. Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp is dun gesaai. Hierdie artikel poog om die leemte in die literatuur te vul deur te fokus op data uit drie verskillende soorte onderhoude wat in 2017 in Emalahleni gevoer is. Dit blyk dat vroulike inwoners van dié myndorp wel as kwesbaar beskryf kan word. Eerstens op ekonomiese gebied, waar hul werkloosheidskoers baie hoër en hul arbeidsmagdeelnamekoers baie laer is as dié van hul manlike eweknieë. Tweedens is hulle baie minder tevrede met hul lewenskwaliteit. Vroue wat aan die hoof van hul huishoudings staan, is baie meer bewus van huishoudelike geweld en gesondheidsprobleme weens besoedeling, en toon baie minder vertroue in hul mede-inwoners.

Author Biography

Anmar Pretorius, Noordwes-Universiteit

Skool vir Ekonomiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels