Ekonomiese geregtigheid: Die groot uitdaging – ook vir Christelike gemeenskappe

Economic justice: The big challenge – also for Christian communities

  • Chris Jones Stellenbosch Universiteit
Keywords: Ekonomiese geregtigheid, opwaartse mobiliteit, werkloosheid, ongelykheid, armoede, vervreemding, vrees, hoop, kairos, koinos, koinonia, homothumadon, diakonaat, Belydenis van Belhar, geloofwaardigheid, goeie nuus

Abstract

Hierdie artikel fokus op die noodsaaklikheid van ekonomiese geregtigheid. Dit geskied na aanleiding van ʼn skrywe van Russel Botman, voormalige dosent in Missiologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland asook later aan die Universiteit Stellenbosch. In ʼn skrywe van hom aan die outeur van hierdie artikel ongeveer 21 jaar gelede, dink hy onder andere na oor die moontlikheid van die volgende slagspreuk: “economic justice before upward mobility”. Hierdie tema, asook die aard en uitdagings van ekonomiese geregtigheid, word op die spoor van sy gedagtes verder in hierdie bydrae ontgin in belang van soveel kwesbare individue en groepe in haglike omstandighede. Dit kyk veral na die uitdagings van ekonomiese geregtigheid vir die gereformeerde teologie en of die belangrike kenmerke van die eerste Christelike gemeentes nog teenwoordig is, nagestreef en uitgeleef word in die kerk en in die lewens van Christengelowiges.

Author Biography

Chris Jones, Stellenbosch Universiteit

Fakulteit Teologie, Stellenbosch Universiteit

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels