Kwesbaarheid in die Suid-Afrikaanse samelewing

  • Derick Blaauw
  • Rinie Schenk

Abstract

Suid-Afrika is die land met van die hoogste syfers in die wêreld met betrekking tot werkloosheid, huishoudelike geweld, verkragtings, sosio-ekonomiese ongelykhede en ongeregtighede. Ons sit met ʼn apartheidsverlede en ʼn korrupte hede waar die mense en hulle welstand nie voorrang geniet nie, ten spyte van ons liberale en menseregte-gerigte grondwet. Die onmiddellike gevolge daarvan is dat mense in Suid-Afrika kwesbaar is. Kwesbaar beteken dat ons blootgestel is daaraan om fisies en/of emosioneel beseer te kan word.

Author Biographies

Derick Blaauw

Gasredakteur

Rinie Schenk

Gasredakteur

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels