Infrastruktuurskepping tydens die bewind van BJ Vorster: Bate of las vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?

Creation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy?

  • J A Du Pisani Noordwes-Universiteit
Keywords: Infrastruktuur, Suid-Afrika, 1966–1978, BJ Vorster, ekonomiese ontwikkeling, ekonomiese uitdagings

Abstract

Hierdie artikel stel ondersoek in na die grootskaalse skepping van infrastruktuur in Suid-Afrika tydens die bewind van BJ Vorster as eerste minister (1966–1978) om die negatiewe en positiewe uitkomste daarvan te beoordeel en te besluit of dit voor- of nadelig vir die land was. Die agtergrond van ekonomiese tendense in daardie era word geskets, vanaf die tydperk van ongekende ekonomiese groei in die laat 1960’s en vroeë 1970’s tot die ekonomiese afplattingvanaf die middel-1970’s, met besondere verwysing na die inflasieprobleem. ʼn Oorsig word gegee van al die groot infrastruktuurprojekte van daardie tyd, insluitende onder meer die Oranjerivierskema, die Richardsbaai- en Sishen-Saldanhaprojekte, Yskor 3 en Sasol 2. Die nadele en voordele van hierdie projekte word opgeweeg. Aan die een kant het die massiewe uitgawes aan die projekte owerheidsbesteding en inflasie laat styg, asook die staat se greep op die ekonomie, wat nadelig was vir vryemarkontwikkeling, verstewig. Aan die ander kant het die projekte die normale voordele van verbeterde infrastruktuur, soos beter dienslewering, werkverskaffing, produktiwiteitsverbetering en algemene ekonomiese groei, meegebring. Ongeag die voor- en nadele van infrastruktuurskepping in die kort- en mediumtermyne, kan die langtermynimpak nie misgekyk word nie. Daardie infrastruktuur het die land oor baie dekades gedien en staan steeds as ʼn monument vir die Afrikanernasionalistiese visie in die apartheidsjare om Suid-Afrika tot ʼn betekenisvolle middelslagmoondheid op te hef.

Author Biography

J A Du Pisani, Noordwes-Universiteit

Vakgroep Geskiedenis en Antieke Kultuur, Skool vir Sosiale Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Published
2020-03-31
Section
Navorsings- en Oorsigartikels