Oproep om artikelbydraes: Spesiale tema - Godsdiens en die reg

  • Editorial Office

Abstract

Die aktualiteit van ’n gesprek oor godsdiens en die reg was nog nooit so relevant soos juis nou nie. Die onlangse Weermag-herrie oor die Moslem-kopdoek, verskeie ander godsdienstige dispute in die werkplek en in skole, en onwettige optredes deur kerkleiers het die soeklig opnuut laat val op die plek van godsdiens in ons samelewing en op die spanning tussen godsdiens en die reg, wat hom op vele ander lewensterreine afspeel. Daar is gereeld onmin tussen mense en gemeenskappe oor verskillende godsdienstige praktyke en rituele. Ons lees van pogings om kerke en godsdiens in Suid-Afrika te reguleer, maar ook van verskeie godsdiensgroepe wat ander se regte onherroeplik aantas in die naam van godsdiens. Die howe word by godsdiensdispute ingesleep, wat ook weer die reg op godsdiensvryheid ter sprake bring en die steeds moeilike verhouding tussen kerk en staat in Suid-Afrika uitlig.

Published
2019-09-28
Section
Uitnodiging