Weer ʼn spelreël

  • J D McLachlan

Abstract

Ek dink dit het vir die breë Afrikaanssprekende gemeenskap polities inkorrek geword om goeie, korrekte, idiomatiese Afrikaans te gebruik. ʼn Mens wanhoop soms aan die toekoms van Standaardafrikaans as jy luister na onderhoude wat op radio en TV met allerlei mense oor allerhande onderwerpe gevoer word (om van sg. Afrikaanse “kunstefeeste” nie eens te praat nie). Ek het ook ʼn besondere broertjie dood aan adverteerders wat Afrikaanssprekendes se klandisie en geld wil hê maar nie eens die hoflikheid het om te voldoen aan die basiese norme van Standaardafrikaans se spelreëls en idioom nie.

Published
2019-09-24
Section
Taalrubriek