Die toepassing van inklusiewe onderwys: Internasionale verwagtinge en Suid-Afrikaanse realiteite

The implementation of inclusive education: International expectations and South African realities

  • Petra Engelbrecht Noordwes-Universiteit
Keywords: inklusiewe onderwys, diverse onderwysbehoeftes, hoofstroomskole, inklusiewe skole, gestremdhede, spesiale onderwysbehoeftes, leerstruikelblokke, leerbehoeftes, menseregte, sosioëkologiese model

Abstract

Onderwys vir leerders met leerbehoeftes wat as uitdagend beskou word, het die afgelope 30 jaar beweeg van ʼn benadering van aparte onderwysgeleenthede vir sulke leerders tot die internasionaal ondersteunde benadering van inklusiewe onderwys, naamlik die plasing van alle leerders in hoofstroomskole. Hierdie benadering word sterk gelei deur internasionale organisasies, met inbegrip van die Verenigde Nasies. Deur ʼn sistematiese literatuuroorsig te gebruik, fokus hierdie artikel op internasionale verwagtinge vir die instelling van inklusiewe onderwys soos vervat in internasionale verklarings en verslae, en op die realiteite met betrekking tot die toepassing daarvan in Suid-Afrika. Spesifieke sistemiese elemente van die toepassing van inklusiewe onderwys wat gereeld deur internasionale organisasies gemonitor word, en die realiteite van Suid-Afrikaanse pogings om dit te verwesenlik, word grondig bespreek. Dit word duidelik dat indien begrip vir die komplekse Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese agtergrond en huidige sosioëkonomiese situasie nie in ag geneem word nie, die meeste van hierdie internasionaal gestelde elemente nie na verwagting verwesenlik kan word nie. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat unieke raamwerke vir die toepassing van inklusiewe onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel behoort te word wat op die internasionale oorkoepelende doelwit van die reg op onderwys gebaseer is maar wat die uniek Suid-Afrikaanse positiewe, maar ook negatiewe, realiteite in onderwys in berekening bring.

Author Biography

Petra Engelbrecht, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels