Posisionering van voortgesette selfgerigte leervaardighede in een-en-twintigste-eeuse onderwys

Positioning self-directed continuing learning skills in twenty-first century education

  • Charlene Du Toit Noordwes-Universiteit
  • Henry Blignaut Noordwes-Universiteit
Keywords: onderwysstelsel, leer, onderwyser, selfgerigte leer, selfgerigtheid, leerders, voortgesette, lewenslange, vaardighede, een-en-twintigste eeu

Abstract

Selfgerigte leer (SGL) word in een-en-twintigste-eeuse raamwerke as ʼn kritieke vaardigheid vir leerders beskou ten einde hulle te kan voorberei op ʼn onvoorspelbare, snelveranderende opvoedingswêreld, waar gefokus moet word op die eise van die vierde industriële revolusie. Hierby aansluitend behoort ’n geslaagde onderwysstelsel die leemte tussen hoe en wat leerders leer en wat die ekonomie vereis sinvol aan te spreek deur geskooldes toe te rus om vaardighede te ontwikkel wat tersaaklik vir die arbeidsomgewing is. Die rasionaal van hierdie artikel is derhalwe dat opvoedkundige investering in die ekonomie – en daarmee skoling van leerders in voortgesette (lewenslange) SGL – onontbeerlik is en ’n sinvolle onderwysstelsel onderlê. 

Author Biographies

Charlene Du Toit, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkundige Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Henry Blignaut, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkundige Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels