Ondervindinge, uitdagings en suksesse: Vroeëleesbegrippraktyke in hulpbronbeperkte omgewings met kinders uit linguisties-diverse agtergronde

Experiences, challenges and successes: Early-reading comprehension practices in resource-constrained settings with children from linguistically diverse backgrounds

  • Maryke Mihai Universiteit van Pretoria
  • Surette van Staden Universiteit van Pretoria
Keywords: fokusgroeponderhoude, grondslagfase, hulpbronbeperkte omgewings, hulpbronuitdagings, leeshulpbronne, leesinstruksie, leesoplossings, leespraktyke, leesuitdagings, taalkundige diversiteit

Abstract

Leerderprestasie in geletterdheid in die vroeë grade in Suid-Afrika bly laag wanneer dit gemeet word aan ’n aantal nasionale en internasionale assesseringsprogramme. Hierdie artikel fokus op vroeë leesbegrip en verskaf bevindinge uit fokusgroeponderhoude met Grondslagfaseonderwysers oor leespraktyke wat gebruik word wanneer lees in hulpbronbeperkte omgewings onderrig word.

Onderwysers getuig oor hoe hulle die onderrig van lees ervaar, asook wat hulle uitdagings en moontlike oplossings is om sukses te verseker. Die huidige studie dui op ’n gebrek aan leesbegripinstruksie in die vroeë grade. Dit bevestig verder dat onderwysers in staat is om nuwe woordeskat en klanke in ’n sekere mate bekend te stel, maar hul repertoire om ’n verskeidenheid begripsvaardighede aan leerders te onderrig, is beperk en min aanduidings dat leerders met begrip kan lees, word opgemerk. Hierdie studie toon aan dat leesinstruksie in ’n ontwikkelende, hulpbronbeperkte omgewing, nie bevredigend gedoen word nie.

Author Biographies

Maryke Mihai, Universiteit van Pretoria

Rekenaar- en Tegnologie-onderrig, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria

Surette van Staden, Universiteit van Pretoria

Rekenaar- en Tegnologie-onderrig, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria

Published
2019-09-24
Section
Navorsings- en Oorsigartikels