Storievertelling as onderrigstrategie ter versterking van identiteitsontwikkeling by agtergeblewe individue

Storytelling as a teaching strategy to strengthen identity development in disadvantaged individuals

  • Corné Van der Vyver Noordwes-Universiteit
  • Carisma Nel Noordwes-Universiteit
  • Eliza Vos Noordwes-Universiteit
  • Ronél van Oort Noordwes-Universiteit
Keywords: identiteit, storievertelling, storievertelling as strategie, outobiografiese stories, ekosistemiese model, sosiale identiteit, narratiewe identiteit, religieuse identiteit, benadeelde individue, Aksienavorsing

Abstract

In Suid-Afrika gaan heelwat mense gebuk onder ’n negatiewe identiteit as gevolg van armoede en die maatskaplike uitvloeisels daarvan (Bakker & Műller 2010:49-50; De Vries 2017). Die probleemvraag wat in hierdie studie ondersoek is, was: Hoe kan storievertelling as strategie ter versterking van identiteitsontwikkeling aangewend word?

’n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie is gevolg deur gebruik te maak van Deelnemende Aksieleer en -navorsing (PALAR: Participatory Action Learning and Action Research) as navorsingstrategie. Die lewensverhale van die deelnemers is ingesamel volgens hierdie metodologie aan die hand van onderhoudvoering, Photovoice-aktiwiteite, joernaalinskrywings asook die navorser se waarnemings wat deur middel van veldnotas opgeteken is. Die ingesamelde data is geanaliseer deur gebruik te maak van die sagtewareprogram ATLAS.tiTM.

Author Biographies

Corné Van der Vyver, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Carisma Nel, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Eliza Vos, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Ronél van Oort, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-06-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels