Die onderrig van Letterkunde in die Verdere Onderwys- en Opleidingfase binne die raamwerk van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring

The teaching of Literature in the Further Education and Training phase within the framework of the Curriculum and Assessment Policy Statement

  • Annine Schultz Stellenbosch Universiteit
  • Michael Le Cordeur Stellenbosch Universiteit
Keywords: Letterkunde-onderrig, letterkunde-kurrikulum, KABV, Suid-Afrika, diversiteit, sosiale konteks, voorgeskrewe werke, Afrikaans Huistaal, VOO-fase, NOS-studente, onderwysers

Abstract

Letterkunde speel ’n noodsaaklike rol in sowel die kurrikulum as die ontwikkeling van leerders as wêreldburgers. Suid-Afrika is ’n uiters diverse land en dit is ’n moeilike taak om ’n letterkundekurrikulum te skep wat aan almal se behoeftes voldoen. ’n Probleem wat dikwels voorkom, is dat die sosiale konteks van die voorgeskrewe werke nie noodwendig in lyn is met dié van alle leerders nie en daarom word sommige leerders uitgesluit en akademies benadeel. Met hierdie ondersoek het ons probeer vasstel of daar ’n groot genoeg verskeidenheid sosiale kontekste in die voorgeskrewe werke aangespreek word om alle leerders in die Verdere Onderwys en Opleiding-fase (VOO) te akkommodeer, sowel as die moontlike verbeteringe wat aangebring kan word. Daar is van kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe data-insamelingsmetodes in die vorm van vraelyste en onderhoudvoering gebruik gemaak. Die deelnemers het bestaan uit drie Afrikaans Huistaal VOO-fase onderwysers van verskillende sosiale kontekste asook studente in hul vierde jaar wat die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) volg. Vraelyste is aan die NOS-studente uitgedeel en onderhoude is met ʼn deursnit van hierdie studente gevoer. Die meerderheid deelnemers was tevrede met die letterkunde-kurrikulum en is van mening dat die probleem eerder by die lys voorgeskrewe werke lê. Dit wil voorkom asof die poësie-afdeling voorsiening maak vir die meerderheid leerders, maar by die prosawerke word erge probleme ervaar. Daar is bevind dat die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te voorskriftelik is, dat daar te veel assesserings plaasvind en dat die handboeke nie versoenbaar is met die kurrikulum nie. Indien die aanbevelings in hierdie artikel geïmplementeer sou word, sou die KABV beduidend verbeter kon word.

Author Biographies

Annine Schultz, Stellenbosch Universiteit

Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde,  Stellenbosch Universiteit

Michael Le Cordeur, Stellenbosch Universiteit

Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde, Stellenbosch Universiteit

Published
2019-12-11
Section
Navorsings- en Oorsigartikels