“My pen is in my hand”: ’n Ondersoek na die leksikale aktivering in Engels-Afrikaanse algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke

“My pen is in my hand”: An investigation of lexical activation in English-Afrikaans general bilinguals, professional translators and professional interpreters

  • George De Bruin Universiteit van Johannesburg
  • Eleanor Cornelius Universiteit van Johannesburg
Keywords: psigolinguistiek, mentale leksikon, mentale leksikontaalnieselektiewe aktivering, navorsingsmetodologie, tweetaliges, beroepsvertalers, beroepstolke, homograafsin, kognaatsin

Abstract

De Bruin (2018) stel ’n unieke metodologie voor om te bepaal of tweetalige persone ’n taalselektiewe of taalnieselektiewe aktiveringsproses van die mentale leksikon ondergaan. Dié metodologie, wat die fokus van hierdie artikel is, verskil in twee belangrike opsigte van vorige metodologieë wat taalaktivering in tweetaliges ondersoek.2 In die eerste plek verryk dit die navorsingskonteks van lekseemvlak (woordvlak) na ’n hoër tekstuele vlak in ’n poging om aan die geïdentifiseerde behoefte in die psigolinguistiek vir ’n meer natuurlike navorsingskonteks te voldoen. Tweedens is dit na die navorsers se wete die eerste studie van sy soort wat tussen verskillende tipes tweetaliges onderskei, te wete algemene tweetaliges, beroepsvertalers en beroepstolke. Om die drie tipes tweetaliges doeltreffend af te baken, word streng kwalifiseringsvereistes aan respondente van die onderskeie groepe gestel. In die studie word volledige, intertalige homograaf- en kognaatsinne gebruik, vergeleke met vorige navorsing wat intertalige homograwe en kognate in andersins eentalige sinne gebruik.3 Die bevindinge van die studie dui op taalnieselektiewe aktivering van die mentale leksikon, en dat beroepsvertalers en beroepstolke moontlik ’n hoër mate van taalnieselektiewe aktivering as algemene tweetaliges ondergaan.

Author Biographies

George De Bruin, Universiteit van Johannesburg

Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, Universiteit van Johannesburg

Eleanor Cornelius, Universiteit van Johannesburg

Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, Universiteit van Johannesburg

Published
2019-06-29
Section
Navorsings- en Oorsigartikels