Kommentaar op die artikels van prof Wessel Pienaar rakende riglyne by die keuse van padprojekte deur die Suid-Afrikaanse owerheid

  • Ewert Kleynhans Noordwes-Universiteit

Abstract

Die besteding van belastingbetalers se geld verg altyd ʼn omsigtige benadering. Die ekonomiese wetenskap bestudeer die optimale aanwending van beperkte fondse om die meeste te bereik. Wanneer daar dus oor die bou van paaie besin word, is dit noodsaaklik dat die beperkte fondse waaroor die owerheid beskik, sodanig aangewend sal word dat dit die grootste voordeel vir die land en sy mense sal hê. Hulpbronne is altyd beperk en wanneer daar meer belasting van die publiek gevra word, is mense ongelukkig. Die heel beste keuses rakende besteding deur die owerheid op aspekte soos gesondheid, veiligheid of infrastruktuur is daarom noodsaaklik.

Author Biography

Ewert Kleynhans, Noordwes-Universiteit

Skool vir Ekonomie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom

Published
2019-03-17
Section
Repliek